Net 'n paar woorde oor Foxe se boek: "Foxe of Martyr's" (Gratis op Internet)
Inleidend:
Ja, goeie geskiedkundige agtergrond vir dinge soos Kerkgeskiedenis, maar aan die een kant, kan ook negatief wees. Gegewe ook die tyd en deur wie dit geskryf is. (Daar is baie ander boeke wat daaroor handel en YouTube is baie daarvan.) Ek sou voorstel en/of jou net herrinder dat jy teologies en dinkend gewys daarmee moet gebalandseered moet werk.
Lewensuitkyk:
Ek het al beleef en gesien, ook veral "sendelinge" se lewensuitkyk heeltemal of deels verander, omdat hulle net hier stop. Hulle uitkyk en opinie (veral ook vandag) van bv. die regering, politiek of nie-christenne word en is negatief (on Bybels as jy wil). Dit is nie wat Jesus of die dissipels in gedagte gehad het nie, alhoewel dit baie erg in hulle tyd, begin met die eerste Kerke (veral die invloed van Gnosticime/Griekse filosofie/Augustianism- Predestination-Election en Christendom, Kerkskeuring, Roomse afgodediens, heidenne wat Christen geword het, die vorming van die eerste skrifte en belydenisse, inter-testamentisetere periode, ens.
Moontlike verskulide rassisme?:
Dis wat ek "Old School" bedoel en baie konserwatiewe - veral "fundamentaliste", in,"sektes" en organisasies ook Gereformeerd, slaan hierdie rigting in en het een of ander "proof texts" vir hulle bestaan en belydenis. Dit kring ook uit na hulle "teologie" en "politiek" en ontaard in 'n somtyds, ongedefineerde en onbewuste rassisme. Nie net is die NT en wereld geskiedenis daarvan vol nie, maar is die Suid Afrikaanse geskiedenis, veral kerkgeskiedenis daarvan vol, soos ook in die geheime organisasies (bv Broederbond, Ossewabrandwag, Vrymesselary, ens.) en Bloodlyne (Hitler en KKK, bv.).
Onthou! Twee Koningkryke:
Daar is twee Koningkryke en die swaard (moet regte beteknis daarvan verstaan) het gekom (Jesus- en later Paulus) maar ons houding teenoor hulle is belangriker! (Saligsprekinge- en Johannes (liefde dissipel) geskrifte, ens.)
Hedendaagse Martelaars en hulle Toekoms:
Vir my is ook hedendagse martelaars belangriker om van te weet (Internet websites en Organisasies is baie) en is die opdrag om vir hulle te bid en te weet van hul toekoms. (Openbaring bv.) Eie- en Nasionale identiteit is ook ter sprake en jy moet jouself ook evalueer in jou wereldbeskouing (filosofie/opinie), veral, in die agtergrond van "Sending"/"Evangelisasie"). In Alan Platt se woorde ook: " Goeie Nuus is nie goeie nuus as dit nie goeie nuus is nie". (Sien sy preek daaroor!)
Hoe ons geleer en groot geword het:
Ons het maar uit geskiedenis en grootword en preke luister 'n verkramte manier om hieroor te dink en te besin en dat "connect ons nie die dots" in ons teologie nie. Sommige weet ook maar min van ons (en ander volkere) se afkoms en veral, na en voor Noag (en Adam!) en _God se Plan (in teenstelling met die huidige Wereldorde) met nasies ("rasse" - moderne woord en waar Israel ("Jode") in die prentjie in pas , soos bv vandag se GAZA-Midde Ooste konflik), gepaartgaande met Islam (Ismael se vloek en seen van God) en baie belangrik, die Eskatologie (Toekomsleer) van hierdie nasies.
Gooi die Bybel weg?!:
Met die uitsmyt van die Bybel by skole en ons "nuwe" sekulerisme/humanisme (ook veral in Suid Afrika), verorber ons die Media se opinies (TV, Tydskrifte, Social Media) as "die waarheid" want, as christene het ons dit ook verloor om te onderskei en ons met ander "onbenullighede" besig gehou - wat ons ook nie verstaan nie, (Ek noem nie eers "Geestelike Oorlogvoering" hier nie. Dink hieroor!.
Afsluiting:
Miskien is hierdie nie die gepaste plek om van hierdie gewarderde boek te praat nie, maar dis waar ek van die relevante temas sien. Ek sal late boeke en skakels byvoeg.

No comments:
Post a Comment